Thursday, January 15, 2009

Kersboodskap 2008 Kanonberg


Kersfees is ‘n wonderlike tyd
‘n Tyd van lekker saamkuier
en fees vier, soos ons vanaand inderdaad hier doen
en natuurlik ook vakansie hou
soos ons bevoorreg was om verlede week te kon doen
(jip soos reeds baie keer gese^: binne in die paradys self!!!)
Maar Kersfees…
is veral die tyd waarin ons ook ons verhouding met God vier
En deel van daardie vier is om met God te praat in gebed
Om dankie te se^ vir die jaar wat verby is
En om sy seen en beskerming te vra vir die jaar wat voorle^

Ons was nou vir vele jare bevoorreg dat daardie gebed
Namens ons gesin en familie
deur ons Ma gedoen is
Vanaand het ons nie meer daardie voorreg nie
Maar soos ons weet:
Haar gees leef voort
En net so wonderlik om te weet is dat haar talle gebede vir ons
ook voortleef
Want die Bybel leer ons dat die krag van gebed tydloos is
Die seening daarvan leef vir ewig voort
Dit is soos energie wat nooit verlore raak nie

En hier is nie een van ons vanaand waarvoor ons Ma nie gebid het nie
Daarom is dit wonderlik om te weet dat ons, vir so lank ons lewe
Steeds die seen en krag van daardie gebede tasbaar sal ervaar
(Elma se^ sy hoor Ma se stem dikwels nog so helder en duidelik in haar kop
weet dus
net so helder…… is haar gebede vir ons elke dag nog in ons lewe
dit sal inderdaad nooit vervaag nie
(Wat vir God gevra is het ewige waarde)

Juis daarom sal ons altyd die tradisie en voorbeeld
van die Ou kersaand gebed laat voortleef;
Nuwe seening oor ons lewe vra
En ook ons dank vir ons vele voorregte teenoor God betuig

So wie gaan vanaand die gebede doen ???
Ons almal gaan !!!!
Elkeen is welkom om te bid soos jy wil
Maar daar is ‘n paar gebede neergeskryf
So steek ‘n kers aan en neem ‘n gebed en lees dit bidden vir ons
Of bid jou eie gebed


Julle ken die storie van Cecile se rooi veertjies;
Sy vertel hoe daar soms sommer so uit die bloute, male sonder tal
‘n rooi veertjie
na haar aangewaai gekom het
as sy aan Ma gedink het of
met Ma se goed besig was!!
Iemand vertel haar ‘n rooi veertjie is die teken van geluk.

Ekself het elke jaar die tradisie
Om een spesifieke kersversiering aan te koop
Die dag toe ek in die winkels gaan rondloop vir my 2008 aankope
Kyk ek af en sien skielik,
hierd tussen die kersversierings en tintsels
‘n pakkies rooi veertjies!!!!

Toe, het ek skielik geweet wat die tema vir vanaand se Kersboodskap sal wees:
Rooi veertjies!!!
(deel rooi veertjies uit)
Die Rooi veertjies van Ma se gebede vir ons,
want net soos rooi veertjies Cecile aan ma laat dink het
herinner hierdie rooi veertjies ons ook vanaand
aan die feit dat Mamma se gebede
en liefde vir ons altyd deel van ons lewe sal wees
en altyd romdom ons sal wees
Op daardie dae wat jy dit die minste verwag
of dit die meeste nodig het,
sal daar ‘n rooi veertjie na jou aangewaai kom
of sal die krag van haar gebede jou skielik nuwe krag of vrede gee

Maar meer nog,
Van vanaand af
begin brei ons as familie die kring van die gebedsveertjies verder uit;
deur hul meer en meer te maak
deur van nou af self vir mekaar en die wereld te bid

“Laat jou lig altyd skyn in hierdie wereld”
Was inderdaad Mamma se laaste kersboodskap aan ons

En dit is persies wat ons nou gaan doen,
So kom ons steek elkeen ‘n kersie as simbool daarvan aan
en bid ons rooi veertjie gebed

Ek sal eerste begin:
“Laat daar vrede vir julle wees hierdie Kerstyd”
Ernest 24 Desember 2008

Wednesday, November 12, 2008

'n Gedig vir Mamma deur Cecile

Aan my ma, Nettie van Zyl
Geskryf Junie 1990

As iemand ooit vir my sou vra
watter soort mens is julle ma
Sal ek sender twyfel kan se
die beste ma wat 'n kind kan he!
'n Ma wat altyd daar is vir jou
iemand wat jy volkome kan vertrou
'n Ma wat troos as ons hartseer voel
wat glo alles gebeur met 'n doel
Ma is 'n rots wat stewig staan
Wat ons met wysheid kan vermaan
'n Ma wat in ons vreugde deel
en niks is ooit vir haar te veel
'n Ma om altyd op trots te wees
so kalm en sender vrees
ons kan altyd na haar gaan vir raad
en weet dat sy ons nooit in die steek sal laat.
Ma so ken ek jou nog al die jare
Jou fondament staan op vier stewige pilare
deursettingsvermoe, liefde, moed en Sy Krag
Die vermoe om die onmoontlike te vermag
Ek wens dat ma vandag die vrugte mag pluk
Die stroopsoet nektar daaruit sal druk
Jou beker sal vul met ware geluk
'n Heildronk op die lewe met elke sluk

Van jou dogter Cecile

Monday, November 3, 2008

Brief




twee dinge


Toe ek een nag as jong man oorsee gevlieg het
en myle ver oor die see uitstaar
het ek aan twee dinge gedink:
God wat al hierdie majestieuse dinge onder my geskep het en instand hou
En my Ma;
want dit was sy wat my geleer het

om die mooi en grootsheid
in die natuur
en alle dinge raak te sien
en altyd die Skepperhand daaragter te eer.

Noem my op my ou bekende naam...


Die dood is nie die einde wat baie dink dit is nie.
Ek het net by die kamer langsaan ingesluip.
Ek is ek en jy is jy.
Wat ons ook al vir mekaar was,
dit is ons nog steeds.
Noem my op my ou bekende naam,
praat met my op die gemaklike manier soos altyd.
Moenie van toonhoogte verander nie
Moenie altyd net droefheid of hartseer laat deurskemer nie.
Lag soos ons altyd gelag het oor die klein grappies wat ons so geniet het.
Speel, glimlag, dink aan my, bid vir my
(Soos my gebede nog daar is vir julle)
Laat my naam deel wees van die huishouding
soos dit nog altyd was.
Gebruik dit op dieselfde manier sonder ‘n sweempie van ‘n skaduwee.
Die lewe beteken presies wat dit nog altyd beteken het
Dit is dieselfde as wat dit nog altyd was
Daar is ononderbroke kontinuïteit.
Hoekom moet ek uit die gedagtes wees
as ek nie meer gesien kan word nie ?
Ek wag vir jou, vir ‘n tussenpose,
iewers naby, net om die hoek,
Dit gaan goed.




Uit: “The Canon of St Paul’s Cathedral in England”
Geskryf deur Henry Scott Holland (1874-1918)